Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Esperanto is 'n taal wat deur die Poolse Jood Ludwik Lejzer Zamenhof in 1887 geskep is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Reeds in 1887 het Esperantosprekers bewys hoe kommunikasie taal- en landsgrense kan oorbrug. Vandag is daar 'n lewendige internasionale Esperantogemeenskap wat oor meer as 100 lande strek. Die Esperanto Wikipedia is die 32ste grootste Wikipedia, soos gemeet in aantal artikels.
Literatuur
Esperanto-vereniging van Suidelike Afrika. 1994. Esperanto : die internasionale taal : 'n gids vir selfstudie of die klaskamer. Pretoria. (Bronkhorst Str. 75, Groenkloof, Pretoria 0181)
Universala Esperanto-Asocio (UEA). 1934. Sleutel vir Esperanto. Genève