’n Erdwurm is ’n buisvormige, gesegmenteerde wurm in die filumAnnelida (ringwurms). Hulle word gewoonlik in die grond aangetref waar hulle van lewende en dooie organiese materiaal leef.
Beskrywing
’n Erdwurm se spysverteringskanaal loop deur die hele lengte van sy lyf en hy haal deur sy vel asem. Dit het ’n dubbele vervoerstelsel wat uit ’n vloeistofgevuldeseloom bestaan en ’n eenvoudige, geslote bloedsomloopstelsel. Dit het ’n binneste en buitenste senustelsel. Die sentrale senustelsel bestaan uit twee senuknope bo die mond, een aan elke kant, wat verbind is aan ’n senustring wat al met die lyf langs na motoriese neurone en sensoriese selle in elke segment loop.
Ring- en lengtespiere aan die buiterand van elke segment help die wurm beweeg. Soortgelyke spiere kom in die voering van die ingewande voor en vervoer die verteerde kos na die anus.[2]
Erdwurms is tweeslagtig – elke wurm het beide manlike en vroulike voortplantingsorgane. Hulle het nie ’n interne skelet of eksoskelet nie, maar behou hul vorm deur middel van vloeistofgevulde seloomkamers wat as ’n hidrostatiese skelet dien.
"Erdwurm" is die algemene naam vir die grootste lid van Oligochaeta (wat óf ’n klas óf ’n subklas is, na gelang van die skrywer). In klassieke stelsels is hulle in die orde Opisthopora geplaas, na aanleiding van die manlike openinge wat agter die vroulikes lê, hoewel die interne manlike segmente voor die vroulikes lê. In teoretiese kladistiese studies word hulle eerder in die suborde Lumbricina van die orde Haplotaxida geplaas, maar dit kan gou weer verander.
Erdwurms kom baie minder algemeen in versteurde omgewings voor, en is gewoonlik net aktief waar water teenwoordig is.[3]
Erdwurms vreet blare, gras en wortels. Hulle maak die grond vrugbaar.
Taksonomie en verspreiding
Die families met hul verspreidings of oorsprong:[4]
↑Cleveland P. Hickman Jr., Larry S. Roberts, Frances M Hickman (1984). Integrated Principles of Zoology (7de uitg.). Times Mirror/Mosby College Publishing. p. 344. ISBN0-8016-2173-9.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑Nyle C. Brady; Ray R. Weil (2009). Elements of the Nature and Properties of Soils (3de Uitgawe). Prentice Hall. ISBN978-0-13-501433-2.