Dordabis is 'n nedersetting in die Khomas-Streek van sentraal-Namibië, 80 km oos van die hoofstad Windhoek. Dordabis het ongeveer 1 500 inwoners. Dordabis het 'n poskantoor, kliniek, polisiestasie en 'n primêre skool. Die dorp ontvang 'n jaarlikse gemiddelde reënval van 293 millimeter (11,5 dm), hoewel dit in die 2010/2011 reënseisoen 605 millimeter (23,8 dm) gereën het.[1]
Dordabis se gemeenskap ly onder alkoholisme, werkloosheid en geweld. Die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is boerdery.[2]
Verwysings