Dalian (Chinees: 大连) is 'n stad in China met 6 170 000 inwoners. Die stad is in die provinsie Liaoning in die ooste van China aan die kus van die Oos-Chinese See geleë.
Dalian is in 1899 deur die Russe as Dalny (Russies: Дальний Dal'nij) gestig en is in 1905 deur Japannese magte verower. Op 16 April 1955 is die stad weer aan China oorhandig. Dalian is die noordelikste ys-vrye hawe van China en is 'n susterstad van Bremen, Duitsland.