Coronation Street (algemeen bekend as Corrie) is sedert 1960 ’n gewilde sepie op Britse televisie.[1] Die eerste aflewering van die TV-reeks is op 9 Desember 1960 vertoon. Sedertdien is daar al meer as 8 000 aflewerings uitgesaai. Die reeks word deur ITV Granada Television vervaardig en deur die Britse sender ITV gebeeldsend.
Die program handel oor die alledaagse lewens van die mense wat in Coronation-straat in Weatherfield woon. Weatherfield is 'n denkbeeldige buurt in Groter Manchester, waar die program ook opgeneem word. Die kafee in die straat, die Rovers Return Inn, vervul 'n belangrike rol as die ontmoetingsplek vir die inwoners in die reeks.
Op 17 September 2010 word Coronation Street die wêreld se langslopende TV-sepie in produksie, nadat die Amerikaanse sepie As the World Turns op dié datum geëindig het.[2] Voor dit was dit reeds die langslopende dramareeks in die Verenigde Koninkryk gewees.[3] In 1971 het Granada Television 'n rekord van 1 144 aflewerings aan die voormalige Kanadese TV-stasie CBKST Saskatoon verkoop.[3]