Kaart van die Columbiarivier-bekken in Noord-Amerika.
Die Columbiarivier (Engels: Columbia River) is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Kanada en die Verenigde State. Die Columbiarivier het 'n lengte van 2 000 km en is die waterrykste rivier in Noord-Amerika, wat in die Stille Oseaan uitmond, asook die langste rivier in die Pasifiese Noordweste van Noord-Amerika.[6] Die rivier is genoem na die Amerikaanse kaptein Robert Gray se skip Columbia Rediviva, wie die rivier op 11 Mei1792 as eerste Europese bevaar het.[7]
Die Columbiarivier ontspring in die Columbiameer in die Kanadese provinsie Brits-Columbië en vloei in suidwestelike rigting, waar dit die Amerikaans-Kanadese grens kruis en deur die stede Portland en Vancouver loop. Op die laaste 480 km vorm die Columbiarivier die grens tussen die Amerikaanse deelstateOregon en Washington. Die rivier se bekken streek oor sowat 668 000 km², waarvan sowat 15% in Kanada geleë is.[8] Die langste sytak van die Columbiarivier is die Snakerivier.
↑(en) Marsh, James (1999). "Columbia River". The Canadian Encyclopedia. Historica Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2007. Besoek op 11 Februarie 2015.
↑Kammerer, J. C. (Mei 1990). "Largest Rivers in the United States" (in Engels). United States Geological Survey. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 11 Februarie 2015.
↑(en) Loy, William G.; Stuart Allan; Aileen R. Buckley; James E. Meecham (2001). Atlas of Oregon. University of Oregon Press. pp. 164–65. ISBN0-87114-102-7.
↑(en) Loy, Willam G.; Allan, Stuart; Buckley, Aileen R.; Meecham, James E. (2001). Atlas of Oregon. University of Oregon Press. p. 24. ISBN 0-87114-102-7.
↑(en) Lang, Bill (2008). "Columbia River". Center for Columbia River History. Besoek op 11 Februarie 2015.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.