Clarence House is die koninklike woning van die Prins van Wallis in Londen wat aan "The Mall" geleë is. Dit is aan Sint James-paleis vas en deel die paleis se tuin. Byna 50 jaar lank, van 1953 tot 2002, was dit die tuiste van koningin Elizabeth die koninginmoeder, maar daarna was dit die amptelike woning van Charles, Prins van Wallis (nou Charles III), en Camilla tot met Charles se troonbestyging in 2022. Dit is sowat twee maande per jaar in die somer oop vir besoekers.[1]