FCA US LLC
|
|
Tipe
|
Maatskappy met beperkte aanspreeklikheid
|
Gestig
|
Chrysler Korporasie, 6 Junie 1925 Chrysler Group LLC, 10 Junie 2009
|
Hoofkantoor
|
Auburn Hills, Michigan, Verenigde State
|
Sleutelpersone | Sergio Marchionne (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte) |
---|
Gebied bedien | Wêreldwyd |
---|
Industrie | Motorvervaardiger |
---|
Produkte | Motorvoertuie, kommersiële voertuie, motoronderdele |
---|
Inkomste | $65,78 miljard (2012) |
---|
Bedryfsinkomste | $1 942 miljard (2012) |
---|
Netto inkomste | $1 668 miljard (2012) |
Werknemers | 74 700 (2014) |
---|
Moedermaatskappy | Fiat Chrysler Automobiles |
---|
Divisies | Chrysler, Dodge, Jeep, Ram, Mopar, SRT |
---|
Webwerf | fcausllc.com |
Chrysler (uitgespreek /' kraɪslər /), amptelik FCA US LLC, is ’n groot Amerikaanse maatskappy wat motors van alle soorte en groottes maak. Dit kan ook verwys na ’n soort motor wat deur dié maatskappy vervaardig word.[1] Chrysler se hoofkwartier is in Auburn Hills, Michigan. Dit word deur die Italiaanse motorvervaardiger Fiat besit.[2]
Chrysler is een van die "Groot Drie" Amerikaanse motorvervaardigers. Dit verkoop voertuie wêreldwyd onder sy vlagskip-Chryslermerk, sowel as Dodge, Jeep en Ram. Ander groot afdelings sluit in Mopar, sy motoronderdele en toebehore afdeling, en SRT, sy verrigtingmotorafdeling. Sedert 2014 is FCA US LLC die sewende grootste motorvervaardiger in die wêreld.
Geskiedenis
Die Chrysler Corporation is in 1925 deur Walter Chrysler gestig, uit wat oorgebly het van die Maxwell Motor Company. Chrysler het aansienlik uitgebrei in 1928, toe dit die Fargo vragmotormaatskappy en die "Dodge Brothers Company" verkry het en voertuie onder dié handelsmerke begin verkoop het; dieselfde jaar het dit ook die "Plymouth" en "DeSoto" motorhandelsmerke gevestig.
Die maatskappy het na Europa uitgebrei in die 1960's, deur die skepping van die Chrysler-Europa afdeling met die verkryging van die Franse, Britse en Spaanse maatskappye. In die 1970's het 'n aantal faktore, insluitend die 1973-oliekrisis, Chrysler se verkope nadelig beïnvloed. Teen die laat 1970's was Chrysler op die rand van bankrotskap, dit het ook sy onttrekking uit Europa veroorsaak in 1979.
Lee Iacocca word aangestel as hoofuitvoerende beampte en laat die maatskappy terugkeer na winsgewendheid in die 1980's. In 1987 het Chrysler die Amerikaanse Motors Corporation (AMC) oorgeneem, wat die winsgewende Jeep merk onder die Chrysler sambreel gebring het.
In 1998 het Chrysler saamgesmelt met die Duitse motorvervaardiger Daimler-Benz AG om DaimlerChrysler te vorm. Die samesmelting was egter omstrede onder sy beleggers en Chrysler is aan Cerberus Capital Management verkoop en herdoop na "Chrysler LLC" in 2007. Chrysler is swaar getref deur die motornywerheidskrisis van 2008–2010, soos ook die ander Groot Drie motorvervaardigers.
Verwysings