Met 'n amptelike oppervlak van 1547 hektaar[1] is Chichén Itzá een van die grootste argeologiese vondsplekke in Yucatán. Die sentrum word deur talle monumentale voorstellingstelsels met 'n godsdienstige en politieke agtergrond beheers, wat deur die behuisingskomplekse van die boonste bevolkingsklas omring word. Die hele terrein word deur 'n groot, grotendeels bewaarde Trappiramide gekenmerk.
Tussen die 8ste en die 11de eeu moet hierdie stad 'n nasionaal belangrike rol gespeel het. Hoe dit gelyk het, kon tot vandag nog nie presies bepaal word nie. Dit is uniek hoe verskillende argitektoniese style in Chichén Itzá langs mekaar vertoon. Benewens geboue in 'n gewysigde Puuc-styl is daar ontwerpe wat Tolteekse kenmerke toon. In die verlede is dit dikwels aan 'n direkte invloed van emigrante uit Sentraal-Meksiko en oorwinnaars van Tula toegeskryf. Vandag word dit egter aan diffusionistiese modelle met 'n verreikende gelyktydigheid van verskillende style in die monumentale geboue toegeskryf.
Chichén Itzá was een van die grootste Majastede en waarskynlik een van die mitiese groot stede, of Tollans, waarna in die latere Meso-Amerikaanse letterkunde verwys word. Die stad kan die mees uiteenlopende bevolking in die Majawêreld gehad het, 'n faktor wat tot die verskeidenheid aan argitektoniese style op die terrein kon bygedra het. Die ruïnes van Chichén Itzá is federale eiendom, en die bestuurderskap van die terrein word deur Meksiko se Instituto Nacional de Antropología e Historia ("Nasionale Instituut vir Antropologie en Geskiedenis") gehandhaaf. Die land onder die monumente was in privaat besit tot 29 Maart 2010, toe dit deur die deelstaat Yucatán aangekoop is.
Die Voor-Spaanse stad van Chichén Itzá is in 1988 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is die tweede mees besoeke argeologiese terrein in Meksiko net na Teotihuacán, met sowat 2,6 miljoen besoekers in 2017.[2] Op 30 Maart 2015 is die argeologiese terrein by die Internasionale Register van Kulturele Eiendom onder spesiale beskerming van die Haagse Konvensie oor die Beskerming van Kulturele Eiendom tydens Gewapende Konflikte gelys.[3]
Verwysings
↑(es) Francisco Pérez Ruiz: Perspectivas y desarrollo de plano de Chichen Itza, desde el siglo XVI hasta el presente. In: XVII Simposio de Investigaciones Arqueológicas en Guatemala, Museo Nacional de Arqueología y Etnología, Guatemala, 2003. bl. 982–989.
(en) Wren, Linnea (2018). Landscapes of the Itza: Archeology and Art History at Chichen Itza and Neighboring Sites. Gainesville: University of Florida Press.
Historiese Monumentesone van Tlacotalpan • Historiese sentrum van Puebla • Vroegste 16de eeu kloosters op die hange van Popocatépetl1 • Voor-Spaanse stad van El Tajín
Suidwes
Historiese sentrum van Oaxaca en argeologiese plek van Monte Albán • Voor-Spaanse stad en Nasionale Park van Palenque • Prehistoriese grotte van Yagul en Mitla in die Sentrale Vallei van Oaxaca