Camille Demoulins (2 Maart 1760 - 5 April 1794) is 'n Franse advokaat en rewolusionêr. Hy tree as een van die aanvoerders by die storming van die Bastille op en is ook een van die stigters van die Klub van die Cordeliers. Hy behoort tot die teenstanders van die Jakobynse skrikbewind tydens die Franse Rewolusie. In 1794 word hy saam met Georges Jacques Danton tereggestel.