- Die artikel handel oor die Buffelsrivier in KwaZulu-Natal, vir ander riviere, sien Buffelsrivier.
Die Buffelsrivier of Mzinyathi is die grootste sytak van die Tugelarivier in Suid-Afrika. Die bron is die Majubaberg, die "berg van duiwe" in Zoeloe, wat noord van Volksrust naby die grens tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal geleë is. Dit vloei suidwaarts verby Newcastle, draai dan suidoos verby Rorke's Drift waarna dit by die Tugelarivier[1] by Ngubevu (naby Nkandla) aansluit.
Gedurende die negentiende eeu was die rivier deel van die grens tussen Zoeloeland en die kolonie van Natal.
Sytakke
Verwysings