Die Britse Leër is die vernaamste landoorlogsmag van die Verenigde Koninkryk, 'n deel van die Britse gewapende magte saam met die Britse Vloot (Royal Navy) en die Britse Lugmag (Royal Air Force). Die Britse leër bestaan tans (2022) uit 82 040 gewone voltydse personeel, 3 960 Gurkhas en 29 740 reserwepersoneel.[1]
Die moderne Britse leër dateer terug na 1707, met voorgangers in die Engelse Leër en Skotse Leër wat tydens die restourasie in 1660 geskep is. Die term British Army is in 1707 aangeneem na die Acts of Union tussen Engeland en Skotland. Lede van die Britse Leër sweer trou aan die monarg as hul opperbevelvoerder,[2] maar die Handves van Regte van 1689 en Claim of Right Act 1689 vereis parlementêre toestemming vir die Kroon om 'n staande leër in vredestyd te handhaaf.[3] Daarom keur die Parlement die weermag goed deur minstens een keer elke vyf jaar ’n Weermagwet aan te neem. Die Weermag word geadministreer deur die Ministerie van Verdediging onder bevel van die Hoof van die Algemene Staf.[4]
Sedert die einde van die Koue Oorlog is die Britse Leër na 'n aantal konfliksones ontplooi, dikwels as deel van 'n ekspedisiemag, 'n koalisiemag of deel van 'n Verenigde Nasies vredesoperasie.[5]