Asemhaling

Asemhaling deur gebruik van die diafragma.

Asemhaling behels om lug in te neem in die longe en dit weer uit te laat. Daar is twee spiere wat help met asemhaling, naamlik die tussenribspiere en die diafragma. Asemhaling bestaan uit twee prosesse: inaseming en uitaseming. Die brein beheer die tempo waarteen 'n persoon asemhaal. Die asemhalingsentrum is in die verlengde rugmurg geleë.

'n Mens sal vinniger asemhaal wanneer hy oefening doen, en stadiger wanneer hy slaap.

Gaswisseling

Gaswisseling is die proses waardeur suurstof (O2) deur die longe na die bloed gaan, en koolstofdioksied (CO2) vanaf die bloed na die longe beweeg. Gaswisseling vind in die longe en by die selle plaas.

Vanaf die longe na die bloed en vanaf die bloed na die selle word O2 gewissel. Vanaf die selle na die bloed en vanaf die bloed na die longe word CO2 gewissel. Uitgeasemde lug kan tot 4,4% uit koolstofdioksied bestaan.[1]

Die gasse beweeg deur middel van die diffusieproses deur die liggaam. Bloed is die vervoermiddel waarmee gasse in die liggaam versprei word. Rooibloedliggaampies is die strukture in die bloed wat O2 vervoer.

Selrespirasie

Selrespirasie is die proses waardeur 'n sel suurstof verbruik om glukose (suiker) te verbrand en energie vry te stel. Die energie wat vrygestel word tydens selrespirasie word deur die selle benut om hul funksies te verrig. Selrespirasie vind in die mitochondrium in die sel plaas. Wanneer 'n persoon vinnig hardloop, sal selrespirasie die vinnigste in sy spierselle plaasvind. Wanneer iemand baie hard konsentreer terwyl hy leer, sal selrespirasie die vinnigste in sy breinselle plaasvind.

Alle lewende wesens is uit selle opgebou. Om aan die lewe te bly, moet hulle voortdurend van energie voorsien word. Selfs al doen die liggaam niks nie, gebruik hy gedurig energie vir die steeds werkende selle.

Energiebron

Organismes of selle kan geklassifiseer word volgens die energiebron wat hulle gebruik. Selle wat van ligenergie gebruik maak, met ander woorde van die proses van fotosintese, is fototroof. Groen selle van hoër plante, alge en sommige bakterieë behoort tot hierdie groep. Spesiale selstrukture, wat chloroplaste genoem word, verander die sonenergie in energie wat deur die sel gebruik word.

Chemotrowe selle kry weer hul energie van chemiese reaksies en het nie lig nodig nie. Chemotrowe selle kan verder onderverdeel word volgens die stof wat met die verbruiking van energie gelewer word. Die meeste selle vorm minder of meer ingewikkelde organiese stowwe soos glukose - hierdie selle word chemo-organotrofies genoem. Die mens, diere en die meeste mikro-organismes het hierdie tipe selle.

Ander selle gebruik weer eenvoudige anorganiese verbindings soos waterstof, swaelwaterstof (H2S) en ammoniak. Hierdie selle is chemolitotroof. Slegs sekere bakterieë behoort tot hierdie groep. Fototrowe selle word soms outotroof genoem omdat hulle met behulp van ligenergie hul eie selbestanddele uit eenvoudige verbindings soos kooIsuurgas kan opbou. Chemotrowe selle gebruik juis die produkte van fototrowe selle as energiebron vir die sintese van hul eie selbestanddele. Daarom word hulle gewoonlik heterotroof (gevoed deur ander) genoem. Alle lewende wesens gebruik dus direk of indirek energie wat van die son afkomstig is.

Oksidasie

Die verbranding van voedsel in die selle met behulp van suurstof staan bekend as respirasie. Dit is ook moontlik om voedsel sonder suurstof te verbrand. In sulke gevalle word gepraat van fermentasie. Die begrip verbranding word dan eerder vervang deur die woord oksidasie om die verskil duidelik te maak. Oksidasie is die afgee van elektrone van een stof aan 'n ander stof. Die voedingstowwe in die selle lewer dus elektrone.

Chemotrowe selle kan verder as volg ingedeel word:

  1. Selle wat suurstof uit die lug of water gebruik, word aërobe genoem.
  2.  Selle wat nie van suurstof gebruik maak nie, word anaërobe genoem.

Anaërobiese selle fermenteer dus. Waar 'n organisme aërobiese selle het, moet die suurstof die selle oral in die liggaam kan bereik. Die mens en hoër diersoorte het hiervoor spesiale organe, waarby bloed as vervoerder optree. Organismes wat kan asem haal én fermenteer, bestaan ook. In sulke gevalle word gepraat van fakultatief aërobiese organismes of fakultatief anaërobiese organismes.

Mitochondria

Aërobiese selle het spesiale selstrukture waarin die sel asemhaling plaasvind. Hierdie strukture word mitochondria genoem. Hulle is die sel se "kragsentrales". Mitochondria is omring deur 'n buite-membraan, wat kleiner molekules deurlaat, en 'n binne-membraan, wat minder deurlaatbaar is en onder andere geen natrium-, magnesium- en chloorione deurlaat nie. Die binne-membraan se oppervlakte word vergroot omdat dit nie glad is nie, maar instulpings (cristae) vorm. Die asemhalingsensieme sit in hierdie binne-membraan.

Die aërobiese sel

In aërobiese selle vind die selasemhaling uitsluitlik in die mitochondria plaas. Dit beteken dat die voedsel grotendeels afgebreek is voordat die elektrondraers na die mitochondria vervoer word. Hierdie voedselafbreking vind dus sonder suurstof plaas. In die aërobiese selle kan dus ook anaërobiese prosesse plaasvind. In die meeste gevalle word die stof glukose deur 'n anaërobiese proses, naamlik glikolise, in pirodruiwesuur omgesit.

Glikolise vind buite die mitochondria plaas. Daarna word die pirodruiwesuur in die mitochondria met behulp van suurstof heeltemal geoksideer om koolsuurgas en water te vorm. Omdat daar met oksidasie soveel energie vrygestel word, moet die sel 'n meganisme hê wat die proses stadiger sal laat plaasvind, anders sou die sel letterlik kon verbrand het. Omdat die oksidasie nou stapsgewys plaasvind, het dit die voordeel dat dit gereguleer kan word. Die sel kan op elke punt ingryp om die energieproduksie by die energiebehoefte aan te pas. Die vervaardiging van energie in bruikbare vorm beteken vir die sel die vorming van energieryke verbindings. 'n Belangrike voorbeeld hiervan is adenosientrifosfaat (ATP), wat bestaan uit adenosien, ribose ('n suiker) en drie fosfaatgroepe. ATP is die universele draer van energie in alle lewende wesens.

Gesonde asemhaling

Die lug wat ons inasem, bestaan uit 'n mengsel van verskeie gasse:

Gas %
Stikstof (N) 78,06
Suurstof (O2) 20,9
Edelgasse 1
Koolstofdioksied (CO2) 0,03

Die lug rondom ons bevat ook miljoene der miljoene stofdeeltjies en 'n magdom mikroskopiese organismes. Vir die behoorlike funksionering van die liggaam moet die ingeasemde lug so suiwer as moontlik wees. Dit is egter baie moeilik in groot stede. Veral die giftige gasse wat deur motors se uitlaatpype versprei word, is baie nadelig vir die mens.

Vermy samedrommings van mense as 'n mens suiwer lug wil inasem. Die lug wat uitgeasem word, bevat koolsuurgas of koolstofdioksied (CO2). In toe, bedompige plekke waar baie mense saamdrom, gebeur daar egter baie dinge wat skadelik is vir die mens se longe: Suurstof (O2) word in groot hoeveelhede opgebruik en nie genoegsaam vervang nie. Die beskikbare hoeveelheid in die lug daal van 21 tot 15%. Die koolsuurgas in die lug vermeerder tot 5%. By 7% word asemhaling moeilik en by 14% tree die dood in.

Die hoeveelheid bakterieë (kieme) vermeerder van 400 per cm³ tot 10 miljoen per cm³. Die temperatuur styg en die vogtigheid van die lug neem toe. Die liggaam sweet (perspireer) minder en die hoeveelheid koolsuuurgas waarvan dit ontslae kan raak, verminder dienooreenkomstig.

Organe

Die asemhalingstelsel bestaan uit organe wat gebruik word om mee asem te haal. Dit is hoofsaaklik die longe en die verskillende gange of lugweë waardeur lug beweeg na en van die longe.

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

Read other articles:

Summary Обґрунтування добропорядного використання для статті «Windows 2000» [?] Опис This is a logo for Windows 2000. Джерело The logo is from the http://www.microsoft.com website. Мета використання The image is used to identify Windows 2000, a notable product or service. The significance of the logo is to help the reader identify the product or service, assure the readers that they have reached the rig...

 

Чемпіонат Австрії з футболу 1911—1912 Деталі турніру Дата проведення 1911—1912 Кількість учасників 11Призери Переможець Рапід (Відень) (1-й титул) 2-е місце Вінер Шпорт-Клуб 3-є місце Вінер АФПутівки в континентальні кубки Обмін між лігами Пониженняв класі Вієнна КрикетВікторі...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (أبريل 2019) بلاس س. سيلفا باوتشر   معلومات شخصية الميلاد 2 فبراير 1869  الوفاة 27 يناير 1949 (79 سنة)   بونس، بورتوريكو  مواطنة الولايات المتحدة  الحياة العملية المه...

Map all coordinates using: OpenStreetMap Download coordinates as: KML GPX (all coordinates) GPX (primary coordinates) GPX (secondary coordinates) This is a list of lighthouses in the Bahamas.[1][2] Abaco Islands Name Image Yearbuilt[1] Location & coordinates Class of Light[2] Focalheight[2] NGAnumber[2] Admiraltynumber[2] Rangenml[2] Elbow Reef Lighthouse 1864 Hope Town 26°32′23.3″N 76°57′43.4″W / 26...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. The CrucifixionSutradara Xavier Gens Produser Leon Clarance Peter Safran Ditulis olehChad HayesCarey W. HayesPemeranSophie CooksonBrittany AshworthCorneliu UliciPenata musikDavid JulyanSinematograferDaniel AranyóPenyuntingAdam TrotmanPerusahaan...

2010 American filmBeautiful DarlingDirected byJames RasinWritten byJames RasinProduced byJeremiah NewtonElisabeth BentleyGill HollandStarringJohn WatersFran LebowitzHolly WoodlawnPaul MorrisseyNarrated byChloë SevignyPatton OswaltCinematographyMartina RadwanEdited byZachary Stuart-PontierMusic byLouis DurraDistributed byCorinth FilmsRelease date February 12, 2010 (2010-02-12) (Berlinale) Running time82 minutesCountryUnited StatesLanguageEnglish Beautiful Darling: The Life ...

 

Rögling Lambang kebesaranLetak Rögling di Donau-Ries NegaraJermanNegara bagianBayernWilayahSchwabenKreisDonau-RiesPemerintahan • MayorStefan DumsLuas • Total10,73 km2 (414 sq mi)Ketinggian530 m (1,740 ft)Populasi (2013-12-31)[1] • Total633 • Kepadatan0,59/km2 (1,5/sq mi)Zona waktuWET/WMPET (UTC+1/+2)Kode pos86703Kode area telepon09094Pelat kendaraanDONSitus webwww.roegling.de Rögling adalah kota yang...

 

City in Texas, United StatesDiboll, TexasCityLocation of Diboll, TexasCoordinates: 31°11′10″N 94°47′7″W / 31.18611°N 94.78528°W / 31.18611; -94.78528Country United StatesState TexasCountyAngelinaGovernment • TypeCouncil–manager • City CouncilMayor Trey Wilkerson Don Hendrick Luis Maldonado Benita Sheffield Duffield Daniel Lopez Tom Farley Charles Moses Sr. • City ManagerGerry BorenArea[1] • ...

American college football season 2023 Southern Miss Golden Eagles footballConferenceSun Belt ConferenceDivisionWest DivisionRecord3–9 (2–6 Sun Belt)Head coachWill Hall (3rd season)Offensive coordinatorSam Gregg (3rd season)Offensive schemeMultipleDefensive coordinatorDan O'Brien (1st season)Base defense4–2–5Home stadiumM. M. Roberts Stadium(capacity: 36,000)Seasons← 20222024 → 2023 Sun Belt Conference football standings vte Conf Over...

 

2020 American animated-comedy film We Bare Bears: The MovieDigital release film posterDirected byDaniel ChongWritten by Christina Chang Daniel Chong Alex Chiu Manny Hernandez Yvonne Hsuan Ho Quinne Larsen Sang Yup Lee Sooyeon Lee Charlie Parisi Lauren Sassen Sarah Sobole Louie Zong Story by Mikey Heller Kris Mukai Based onWe Bare Bearsby Daniel ChongProduced byCarrie WilksenStarring Eric Edelstein Bobby Moynihan Demetri Martin Marc Evan Jackson Keith Ferguson Edited byTom BrowngardtMusic byBr...

 

Public school in Hawaii, United States Hilo High SchoolAddress556 Waianuenue AvenueHilo, Hawaii 96720United StatesInformationTypePublic, co-educationalMottoOnce a Viking...Always a VikingEstablished1906School districtHawaii DistrictPrincipalJasmine UrasakiFaculty84.00 (FTE)[1]Grades9-12Number of students1,272 (2020-21)[1]Student to teacher ratio15.14[1]CampusSuburbanColor(s)Blue and Gold    AthleticsBig Island Interscholastic FederationMascotVikingAccreditati...

2008 Filipino filmUrdujaUrduja Theatrical PosterDirected byReggie EntienzaScreenplay byReggie EntienzaStory byReggie EntienzaMichael TuiveraProduced byAntonio TuiveraStarringRegine Velasquez-AlcasidCesar Montano Eddie GarciaJohnny Delgado Jay Manalo Ruby Rodriguez Epy Quizon Michael V. Allan K.Edited byManet DayritMusic byMon FaustinoNoel ZarateProductioncompaniesAPT Entertainment Seventoon Imaginary FriendsDistributed byAPT EntertainmentRelease date June 18, 2008 (2008-06-18) ...

 

1994 concert tour by the Red Hot Chili Peppers This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (January 2012) (Learn how and when to remove this template message) Tour de La SensitiveTour by Red Hot Chili PeppersPromotional poster for October 19, 1994Start dateAugust 10, 1994End dateOctober 21, 1994Legs1No. of shows11Red Hot Chili Peppers concert chronology Bl...

 

Yokosuka Domain横須賀藩under Tokugawa shogunate Japan1601–1868CapitalYokosuka CastleArea • Coordinates34°41′8″N 137°58′16″E / 34.68556°N 137.97111°E / 34.68556; 137.97111 History • TypeDaimyō Historical eraEdo period• Established 1601• Disestablished 1868 Today part ofpart of Shizuoka Prefecture Yokosuka Castle Yokosuka Domain (横須賀藩, Yokosuka-han) was a feudal domain under the Tokugawa shogunate of Edo pe...

1995 film by Jaime de Armiñán The Lame PigeonTheatrical release posterSpanishEl palomo cojo Directed byJaime de ArmiñánScreenplay byJaime de ArmiñánBased onEl palomo cojoby Eduardo MendicuttiProduced byLuis MéndezStarringMaría BarrancoFrancisco RabalCarmen Maura Miguel Ángel MuñozCinematographyFernando ArribasEdited byJosé Luis MatesanzMusic byJesús YanesProductioncompanyLotus FilmsRelease date6 October 1995Running time114 minutesCountrySpainLanguageSpanish The Lame Pigeon (Spanis...

 

Dopff au MoulinIndustryWineryFounded1574Headquarters2 av Jacques Preiss, 68340 Riquewihr, FranceWebsitewww.dopff-au-moulin.fr Dopff au Moulin wine Dopff au Moulin is a family winery from 1574 growing grapes on over 70 hectares located in Riquewihr, France. [1] The main product is Crémant d'Alsace, a special sparkling wine of the Alsace wine region in France. [2] See also List of oldest companies References ^ Le plus important domaine au coeur de la region des grands crus. Ret...

 

Home stadium to Waitakere United Fred Taylor ParkLocation184 Fred Taylor Drive, Whenuapai, Auckland, New ZealandOwnerCity of AucklandOperatorCity of AucklandCapacity1,000SurfaceGrass PitchTenantsWaitakere City (–2020) Waitakere United (2004–2021) West Coast Rangers (2021–present) Fred Taylor Park is an association football ground based in Whenuapai, Auckland. It is the home ground of West Coast Rangers. It also is the former home to Waitakere City F.C. and Waitakere United before the cl...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Dumfries Academy – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2018) (Learn how and when to remove this template message) Comprehensive secondary school in Dumfries, Dumfries and Galloway, ScotlandDumfries AcademyLocationDumfries, Dumfries and GallowaySc...

 

2003 American science fiction miniseries This article is about the 2003 Battlestar Galactica miniseries. For the subsequent television show, see Battlestar Galactica (2004 TV series). Battlestar GalacticaDVD coverGenreScience fictionDramaBased onA teleplayby Glen A. LarsonWritten byRonald D. MooreGlen A. Larson[note 1]Directed byMichael RymerComposersRichard GibbsBear McCreary (additional)Country of originUnited StatesOriginal languageEnglishNo. of episodes2ProductionExecutive produce...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!