Die Araks ontspring suid van Erzurum in die Bingöl-gebergte in Oos-Anatolië, Turkye. Aansluitend vloei die rivier in oostelike rigting en bereik die Armeens-Turkse grens. Hier vloei die Araks tussen die Armeense hoofstad Jerewan in die noorde en berg Ararat in die suide. Daarnaas vloei die rivier in 'n suidoostelike rigting en vorm die grens tussen Iran in die suidweste en die AzerbeidjanseeksklaweNachitsjewan in die noordooste, aansluitend vloei die Araks in noordoostelike rigting en vorm die grens tussen Armenië en Iran, later Azerbeidjan en Iran. Op Azerbeidjanse gebied mond die Araks naby Sabirabad in die Koera uit, wat suidwes van Bakoe in die Kaspiese See vloei.
Geskiedenis
Nadat die Vrede van Goelistan as gevolg van die derde Russies-Persiese Oorlog (1804–1813) onderteken is, het die Araks saam met die Koera se onderloop tot die hedendaagse Nachitsjewan die grens tussen die Russiese Ryk en Persië gevorm. Met die Vrede van Toerkamantsjai ná die vierde Russies-Persiese Oorlog (1826–1828) het die Araks ook verder wes die grens tussen die Russiese Ryk en Persië geword, terwyl die grens aan die Kaspiese See verder suid geskuif is tot die huidige grens tussen Azerbeidjan en Iran.[2]
Verwysings
↑(en) Our Waters: Joining Hands Across Borders – First Assessment of Transboundary Rivers, Lakes and Groundwater. Verenigde Nasies. 2007. p. 106. ISBN978-9211169720.
↑Elton L. Daniel (15 Desember 2001). "GOLESTĀN TREATY" (in Engels). Encyclopædia Iranica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 20 Desember 2016.