Apollo 16
Sendingwapen
Sendingstatistiek
Sendingnaam:
Apollo 16
Roepteken:
Beheermodule: Casper Maanmodule: Orion
Bemanningslede:
3
Lansering:
16 April 1972 17:54:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39A
Maanlanding:
21 April 1972 02:23:35 UTC
9,0° S 15,5° EDescartes-Cayley
Maanuitstappies:
20 uur 14 minute
Tyd op maan:
2 dae 23.0 uur
Aardlanding:
27 April 1972 19:45:05 UTC 0° 43' S, 156° 13' W
Tydsduur:
12 dae, 13 ure 52 minute
Apollo 16 was die tiende bemande sending van die Apollo-program en die vyfde sending om op die maan te land.
Die bemanningslede: John W. Young , Kommandeur; Ken Mattingly , beheereenheid-vlieënier ; en Charles Duke , maanmodule -vlieënier. Dit was 'n J-klas sending. Hulle het 95,71 kg se maanmonsters saamgebring.
Die Apollo 16-subsatelliet is gelanseer vanaf die sentrale module terwyl dit in 'n omwenteling om die maan was. Die subsatelliet het eksperimente uitgevoer oor magnetiese velde. Dit is gelanseer op 24 April 1972 teen 21:56:09 UTC en was in 'n wentelbaan om die maan vir 34 dae en 425 rewolusies. Dit het 'n massa van 36,3 kg gehad en bestaan uit 'n sentrale silinder en drie 1,5 m lange stutte.
Bemanning
Sendingparameters
Massa:
Lanseermassa: 2 921 005 kg
Totaal ruimtetuig: 46 782 kg
CSM massa: 30 354 kg, waarvan CM 5 840 kg was, SM 24 514 kg
LM massa: 16 428 kg
Aardomwentelinge: 3 voor vertrek na die maan, ongeveer een tydens terugkeer.
Maanomwentelinge: 64
Die beheereenheid word tans uitgestal in die U.S. Space and Rocket Center, in Huntsville, Alabama .
Eksterne skakel
Lanseerkompleks Grondfasiliteite Lanseertuie Ruimtetuie en karretjie Vlugte
Onbeman Beman Saturn- ontwikkeling Aborteertoetse Pegasusvlugte
Apollo 8 spesifiek Apollo 11 spesifiek Apollo 12 spesifiek Apollo 13 spesifiek Apollo 14 spesifiek Apollo 15 spesifiek Apollo 16 spesifiek Apollo 17 spesifiek Post-Apollo kapsule gebruik
Simbool † dui mislukking of gedeeltelike mislukking aan