António de Saldanha

António de Saldanha was 'n Portugese seevaarder in bevel van die vlooteskader wat in 1503 van Lissabon na die Ooste gestuur is. Hy is die eerste Europeër wat in Tafelbaai anker gegooi het en het Tafelberg sy naam gegee. Hy was waarskynlik die eerste blanke wat Tafelberg uitgeklim het deur die Platteklip-roete te volg.[1] Tafelbaai is meer as 'n eeu lank die Watersuipplek van Saldanha genoem en later is die naam oorgedra na die huidige Saldanhabaai.

Biografie

In 1503 het koning Emmanuel I van Portugal drie vlote beveel om die ingang na die Rooisee te verken, Arabiese handelaars te stuit en dan na die Indiese Eilande te vaar. Die vloot onder leiding van De Saldanha het die ander aan die Kaap die Goeie Hoop uit die oog verloor en in Tafelbaai vasgemeer. Daar het hy Tafelberg, wat hy na sy plat top genoem het, uitgeklim om die ligging van hoër af te bepaal. Ná die afklim is die Portugese deur sowat tweehonderd Khoikhoi aangeval, maar De Saldanha het daarin geslaag om met geringe beserings te ontsnap en sy vaart te hervat.

Tafelbaai was vir ongeveer 'n eeu daarna bekend as Saldanhabaai. In 1601 het die Nederlandse seevaarder Joris van Spilbergen na die hedendaagse Saldanhabaai gevaar en, met die veronderstelling dat hy by vandag se Tafelbaai was, die baai Saldanhabaai genoem. Sedertdien het hierdie naam in gebruik gebly en die oorspronklike Saldanhabaai is na Tafelbaai herdoop. Die dorp Saldanha op hierdie baai is ook vernoem na die navigator.

Bronne

Verwysings

  1. Mary Gunn, L. e. Codd, L. E. W. Codd. Botanical Exploration of Southern Africa: An Illustrated History of Early Botanical Literature on the Cape Flora : Biographical Accounts of the Leading Plant Collectors and Their Activities in Southern Africa from the Days of the East India Company Until Modern Times. CRC Press, 1981. p5-7. ISBN 0-86961-129-1

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!