1621 – Jürg Jenatsch vermoor vir Pompejus von Planta, die leier van die katolieke in Graubünden, in die kasteel Rietberg in Domleschg. Jürg Jenatsch wil die ondermynende invloed van Pompejus von Planta in die streek stop sit. Die katolieke Oostenryk stuur 8000 soldate om Graubünden te beset.
1635 – In die Verdrag van Parys tussen Frankryk en die Verenigde Nederlande word 'n offensiewe en defensiewe verdrag teen Spanje gesluit, in gevolge waarvan by ´n verowering van die Spaanse Nederlande die verowerde land verdeel sou word.
1643 – Tydens die Wapping-oorlog in die Nederlandse kolonie Nieu-Nederland in Noord-Amerika, val Nederlandse soldate 'n Indiaanse dorp aan en onthoof al die inwoners. Die koppe word dan later vir balspele gebruik. Die insident word bekend as die Pavonia-slagting.
1856 – Kongres van Parys: Gesprekke om die Krimoorlog te beëindig begin onder die leierskap van die Franse minister van buitelandse sake Alexandre Colonna-Walewski. Verteenwoordigers van die Ottomaanse Ryk, Oostenryk, Groot-Brittanje, Frankryk en Rusland onderhandel tot 30 Maart oor die terme van die vrede.
1979 – Operasie Vanity: vier Canberra-bomwerpers van die Rhodesiese Lugmag, asook drie Canberras van die Suid-Afrikaanse Lugmag, val 'n ZIPRA-basiskamp naby Luso, Angola aan.
1986 – EDSA Revolusie: Corazón Aquino word ingehuldig as President van die Filippyne, nadat Ferdinand Marcos uit die land vlug na 'n 20 jaar bewind.